Kerk van Satan

Die seël van Baphomet is die amptelike seël van die Kerk van Satan

Die Kerk van Satan (Engels: Church of Satan, CoS) is op Walpurgisnag, 30 April 1966 in San Francisco deur Anton Szandor LaVey gestig[1] en verteenwoordig 'n satanistiese geloof wat LaVey in 1969 in sy Satanistiese Bybel gekodifiseer het. LaVey het ook tot en met sy dood in 1997 as die kerk se hoëpriester gedien. Hierdie internasionale organisasie, waarvan die hoofkwartier tans in New York is, word in die VSA amptelik as 'n kerk erken, maar maak nie gebruik van die gepaardgaande reg op belastingkwytskelding nie.

Die Kerk van Satan word deur sy hoëpriester, magus Peter H. Gilmore as 'n religie van anti-Christelike ateïste beskryf wat nie aan God, Satan of 'n lewe ná die dood glo nie. Mense word dus aangemoedig om hul lewe te geniet en ten volle te lei.[2]

  1. WDR.de: Stichtag - 30. April 1966 - Gründung der "Church of Satan". Besoek op 3 April 2020
  2. youtube.com: 'n Onderhoud met Magus Gilmore in die televisieprogram The Hour

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search